Enquiries?    +27825575169  

Hoekom moet ek aansluit by SASRFSA?
Author: SASRFSA    Date Published: 11 January 2019

Facebook Twitter Google +


Dis is ‘n goeie vraag en ons antwoord dit graag.

U weet dit dalk nie maar die stigters van die South African Small Rifle Field Shooting Association is ook die manne wat die 223 skiet onder die vaandel van die SA Jaggeweerskietvereniging  gestig en bedryf het en omstandighede by SA Jaggeweer het dit egter onmoontlik gemaak om verder aan te gaan met die 223 skiet by hulle en daar is toe besluit om hierdie nuwe liggaam te stig.

Wat ons daardeur wil sê is dat die manne aan  stuur by SASRFSA is 223 mense, in murg en been en verstaan waaroor 223 skiet nou eintlik gaan.

Ons sal nie in die onmiddelike toekoms Protea kleure kan toeken nie, maar dit kan enige dag verander, niemand weet wat hou die toekoms in nie.

As jy soos ons ‘n passie het vir 223 skiet, en jy wil graag kompeterend skiet na gongs en teikens spesiaal ontwerp vir die 222-223 klas,  dan is jy by die regte plek.
 

  1. Ons skiet volgens die Internasionale Jaggeweerskietvereniging se reëls, wat verseker dat as jy in enige ander land ter wêreld aan ‘n Jaggeweer kompetisie sou gaan deelneem, jy presies sal weet wat van jou verwag sal word.
  2. Slegs opbetaalde SASRFSA-lede kom in aanmerking vir toekennings, pryse, medaljes en trofees tydens ‘n SASRFSA-kompetisie.

  3. Nie-lede (besoekers) kan ook deelneem aan SASRFSA-kompetisies, maar hulle kom nie in aanmerking vir toekennings, medaljes en trofees soos verwys in punt 2 nie. Nie-lede kan wel in aanmerking kom vir pryse wat spesifiek vir dié klas ge-allokeer is.

  4. Slegs opbetaalde  lede van SASRFSA kan aan SASRFSA kompetisies landswyd deelneem en vir toekennings en pryse in aanmerking kom.

  5. Slegs opbetaalde lede kan in aanmerking kom vir ons nasionale ranglys.
     
  6. Slegs opbetaalde lede kan vir ons nasionale span in aanmerking kom.
     
  7. Slegs opbetaalde lede van SASRFSA kan deelneem aan die Wêreld-Kampioenskappe vir Jaggeweerskiet as ‘n SASRFSA lid.
     
  8. Slegs opbetaalde lede by SASRFSA kan Toegewyde Status deur SASRFSA by SAPS bekom.
     
  9. As opbetaalde lid van SASRFSA behoort jy aan die enigste skiet organisasie in Suid-Afrika wat uitsluitlik ‘n sport ontwerp en ontwikkel het vir 222 en 223 geweereienaars,  en waar duur  toerusting, a.g.v die beperkings daarop, geen rol gaan speel om te bepaal wie gaan eerste of tweede kom nie. Duur toerusting sal nooit die sport kan oorheers nie, en dit dan onmoontlik maak vir die gewone man of vrou om daaraan deel te neem nie.
     

As jy dieselfde passie as ons deel, en jy is op soek na ‘n skietvereniging waar jy en jou hele gesin kan kom aansluit en skiet met jou 222 of 223 geweer, is jy by die regte plek. Ons klasse maak voorsiening vir alle skuts, dogters, seuns, dames, mans, seniors en veterane.

Sluit vandag aan en word deel van die enigste ware 222-223 geweer familie in Suid-Afrika.

Jy sal nooit spyt wees nie.

 

Visitors also read the following:

 
1. Hoekom wil ek in die .222 - .223 klas skiet?
Author: SASRFSA    Date Published: 23 October 2018 326
2. Algemene vrae rondom .222 en .223
Author: SASRFSA    Date Published: 01 January 2019 299
3. Agtergrond van die .223 geweer
Author: SASRFSA    Date Published: 23 October 2018 219


Article Index  Back to Top

© Copyright SASRFSA 2019. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SASRFSA.